Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/29/2012

Uietert / Tarte aux oignons

Rol broskorsdeeg uit (jy kan ook 'n pakkie deeg by die supermark koop) en voer 'n gesmeerde tertbak daarmee uit.

Braai 500 ml gekapte uie in botter tot dit net begin deurskynend raak.
Geur met sout, peper en 'n knippie rooipeper.
Gooi die uie op die tertkors uit.

Klop 5 eiers saam en gooi oor die uie.

Bak die tert by 200°C vir 5 minute.
Stel die hitte laer tot by 160°C en bak tot die eiers gestol het en effen ligbruin begin raak.

Bedien die tert saam met 'n mengelslaai en kaas.



(foto Renato Spinazzola)

No comments :

Post a Comment