Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2012

Beesvleis-provencale

1 kg beesvleis, binneboud of stertstuk
80 mℓ olyfolie
1 wortel, in skywe gesny
1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
bouquet garni
200 mℓ rooiwyn (shiraz)
sout
peper
150 mℓ aftreksel

Verbruin die vleis in die olie en haal dit uit die kastrol.

Plaas die wortel en ui in die kastrol en laat dit stadig smoor tot die groente begin verkleur.

Plaas die vleis op die groente en sit ook die knoffelhuisie, bouquet garni en peperkorrels in. Gooi die wyn en aftreksel laaste by. Geur met sout en peper. Plaas die deksel op en smoor in 'n 160°C-oond vir 2 uur. Bedruip die vleis af en toe.

Sous:
20 mℓ olyfolie
20 mℓ meelblom
280 mℓ aftreksel
4 tamaties, geskil, ontpit en in kwarte gesny
8 groen olywe, ontpit en in kwarte gesny

Berei die sous deur die olie te verhit, die meelblom by te roer en dan die aftreksel by te voeg.
Bring tot kookpunt en kook vir 10 minute.

Verwyder die vleis uit die oond en syg die sous deur.
Gooi die sous by die sous en kook tot dit dik en stroperig is. Verwyder van die hitte.

Gooi die tamaties en olywe by die sous, plaas terug op plaat en bring tot kookpunt.

Skep die sous oor die vleis wanneer jy dit bedien.

Bedien beesvleis-provencale saam met aartappels en groen groente.

No comments :

Post a Comment