Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2012

Oeufs cocotte fermière / Eiers met ganslewerpatee

Hierdie resep is nog 'n variasie van cocotte eiers.

Jy het individuele soufflé-bakkies nodig vir hierdie eiers.

Jou oond moet op 180°C wees en daar moet 'n groot oondpan met warm water gereed staan in die oond.

Plaas 'n klont botter in elke soufflé-bakkie en laat dit staan in die warm water.
Skep 15 mℓ pâté de foie gras (ganslewerpatee) in elke bakkie, breek 'n eier op die foie gras en volg dit op met 15 mℓ room.

Braai 'n paar sampioene in botter in botter vir 2 minute. Kap dit dan fyn. Vul die soufflé-bakkies heel laaste met die sampioene.

Bak die oeufs cocotte fermière vir 5 minute.

Indien foie gras te duur is of jy kan dit nie opspoor nie kan jy sommer spotgoedkoop lewersmeer gebruik.

No comments :

Post a Comment