sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies, fyngekap
100 mℓ olyfolie
die sap van 2 suurlemoene
50 mℓ vars tarragonblare
Plaas die hoender op 'n roosterpan en geur met die sout en peper, strooi die knoffel oor en drup die olyfolie en suurlemoensap oor. Strooi die tarragonblare oor. Plaas die hoender onder die oondrooster vir 50 minute. Draai dit daarna om en rooster vir 'n verdere 20 minute.
Intussen prut jy die volgende bestanddele saam in 'n souspan:
1 blikkie gekapte tamaties
30 mℓ olyfolie
1 rissie, ontpit en fyngekap
Dit moet ten minste vir 20 minute prut.
Bedien die hoender met die sous en 'n ciabatta.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment