Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/23/2012

Aartappel-en-tamatiegebak

Jy het gekookte aartappels, rou tamaties, pietersielie, ui, bouillon (aftreksel), botter, boodkrummels en sout en peper nodig. Jou bestanddele moet genoeg wees vir jou oondbak.

Sny die aartappels in dik skywe, en die tamaties in medium skywe.

Smeer jou oondbak met botter en pak 'n laag aartappels op die bodem. Strooi sout, peper en fyngekapte vars pietersielie oor.
Pak nou 'n laag tamatie oor en strooi fyngekapte ui oor die tamatie.

Herhaal die lae tot die aartappels op is. Daar moet genoeg aartappels wees vir 3 lae.

Nadat die lae gepak is gooi jy 250 ml bouillon oor. Stip met botter en strooi broodkrummels oor.

Bak by 180°C tot bruin.

No comments :

Post a Comment