Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/05/2012

Franse lamsbredie / Navarin / Ragoût de mouton

Jy kan verskeie deel van 'n lam hiervoor gebruik, skouer, nek, ens.
Sny die vleis in klein stukke.

Smelt 'n groot klont botter in 'n kastrol en braai 'n fyngekapte knoffelhuisie daarin.
Voeg die vleis by en verbruin dit aan alle kante.

Verwyder die vleis en gooi 'n bietjie meel by die botter. Roer tot dit begin verdik.
Gooi 1,2 liter aftreksel per 1 kg vleis in die pot saam met 'n bouquet garni, 'n paar klein uitjies en 'n paar wortels wat in ringe gesny is.
Roer sodat alles goed gemeng is en plaas dan die vleis terug in die pot.
Bedek die vleis met warm water en bring dit tot kookpunt.
Bedek die kastrol en laat dit prut vir 2 uur. Jy kan klein aartappeltjies 'n uur by die vleis plaas.


(foto Dylan Hardesty)

No comments :

Post a Comment