Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2012

Provensaalse lamsbredie / Navarin provençal

Gebruik van die lam se skouer vir hierdie bredie.
Sny die vleis in klein stukke.

Smelt 'n groot klont botter in 'n kastrol en braai 'n fyngekapte knoffelhuisie daarin. Voeg die vleis by en verbruin dit aan alle kante.

Geur die vleis met sout en peper en 'n knypie suiker.
Strooi 30 mℓ meel oor die vleis en roer tot die vleis goed bedek is.

Plaas 'n bouquet garni in die pot en net genoeg aftreksel om die vleis te bedek. Bring dit tot kookpunt.

Stel die hitte laer, gooi 'n paar klein aartappeltjies in die kastrol, plaas die deksel op en prut vir 2 uur. Gooi nog aftreksel by indien die aartappels nie bedek is nie. Die tweede uur voeg jy 'n paar geskilde tamaties by.

Intussen sny jy 'n paar wortels en witwortels in blokkies, braai dit liggies in botter en gooi dit in die kastrol saam met 'n paar klein uitjies om saam met die vleis te prut.

No comments :

Post a Comment