Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/29/2012

Gesmoorde wild

1,5 kg wildsvleis, liefs vleis wat uit die dier se boud kom
marinade vir wild - pas dit aan vir jou hoeveelheid vleis
die skil van 1 lemoen
die skil van 1 suurlemoen
olie
2 uie, in blokkies gesny
2 wortels, in blokkies gesny
2 stele seldery, in skyfies gesny
bouquet garni
280 ml aftreksel
sout en peper
15 ml appeljellie
beurre manié

Sit die vleis en skille in 'n bak en gooi die marinade oor.
Plaas die groente op die vleis en maak die bak toe.
Laat dit 3 dae op 'n koel plek staan en draai die vleis een maal per dag om.

Haal die vleis na 3 dae uit, vee dit af en braai aan alle kante bruin in olie in 'n kastrol.

Haal die vleis uit en plaas die groente in dieselfde olie. Stel die hitte laer, bedek die kastrol en laat die groente smoor vir 5 minute.
Plaas die vleis op die groente en voeg die bouquet garni, die marinade en die aftreksel by. Geur met sout en peper. Die skille kan jy weggooi.
Bring tot kookpunt. Maak nou die kastrol toe met foelie voor jy die deksel opsit.
Plaas die kastrol in 'n 160°C-oond en smoor 3 uur lank.

Skep al die vet af, gooi die sous deur 'n sif in 'n kastrol.
Gooi die jellie by die sous en verdik met die beurre manié.
Kook die sous af tot dit omtrent soos 'n dun room is.
Proe vir sout en peper.

Sny die vleis in skywe, plaas in 'n warm skottel en gooi die sous oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment