1 bokboud
250 g repies spek
500 mℓ asyn
10 mℓ sout
2,5 mℓ peper
4 kruienaeltjies
olie vir braai
aftreksel
knippie suiker
Steek die naeltjies in die vleis en lardeer dit met die spek.
Plaas die boud in 'n glas- of keramiekbak en gooi die asyn daaroor. Bedek en laat dit 2 dae in 'n koel plek staan. Draai dit af en toe om.
Haal die vleis uit, maak dit droog en braai dit rondom bruin in olie in 'n swaarboomkastrol. Voeg die res van die bestanddele by. Die aftreksel moet genoeg wees sodat dit2,5 cm diep in die kastrol lê. Sit die deksel op en laat dit prut tot die vleis sag is. Voeg nog aftreksel by as dit te droog kook.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment