Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/02/2012

Gemarineerde vark

1,5 kg varkboud
sout
varsgemaalde swartpeper
knippie suiker
olie
suurroom

Marinade:
8 peperkorrels
90 mℓ asyn
1 wortel, in ringe gesny
2 takkies fyngekapte pietersielie
1 witwortel, in ringe gesny
1 klein ui met 2 kruinaeltjies daarin gedruk
1 lourierblaar
45 mℓ water

Vryf die boud met die gemaalde peper, die sout en die suiker. Plaas dit in 'n diep oondbak.

Gooi sal die bestanddele vir die marinade in 'n kastrol en bring dit tot kookpunt. Laat die marinade afkoel en gooi dit dan oor die boud. Marineer die boud vir 12 uur. Draai dit nou en dan om.

Dreineer die boud en droog dit af.
Gooi olie onder in 'n braaipan wat geskik is vir die oond. Gooi 70 mℓ van die marinade se vloeistof by. Sit die boud daarin, plaas die deksel op en braai vir 1½ uur by 200°C. Bedruip die vleis gereeld met die sous onder in die pan.
Wanneer die vleis gaar is verwyder jy dit uit die sous.
Skep enige vet af van die sous en gooi dit in 'n kastrol saam met 'n bietjie suurroom. Roer dit goed terwyl jy dit tot kookpunt bring. Bedien dadelik saam met die vleis.

No comments :

Post a Comment