Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/22/2012

Hoender in tamatiesous

Sny 'n skoongemaakte hoender in stukke.

Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompot en verbruin die hoenderstukke daarin. Sny 'n ui in stukkies en gooi dit by die hoender. Wanneer die ui begin bruin raak gooi jy 250 mℓ witwyn by. Laat dit 5 minute lank prut.

Gooi 250 mℓ tamatiesous by, 'n bouquet garni en 'n fyngesnyde knoffelhuisie. Laat dit liggies kook vir 20 minute.

Voeg 250 g sampioene by, net so heel of in skywe gesny. Laat dit vir 10 minute liggies kook – of tot die sampioene sag is.

No comments :

Post a Comment