Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2013

Boîte au chocolat

85 g sjokolade
450 g kastaiings
30 mℓ rum
180 mℓ room
10 mℓ strooisuiker
3 druppels vanillageursel

Suikerbrood:
3 eiers, geskei
80 g strooisuiker
40 g botter, effens sag
60 g bruismeel
knippie sout

Breek die sjokolade in stukkies en smelt dit in 'n bakkie oor warm water. Die sjokolade moet net smelt, moet dit nie te warm maak nie.
Smeer dan 'n dun lagie sjokolade oor botterpapier met 'n platmes. Sny die lagie in vierkante net voor dit te hard word.
Trek die vierkante van die papier af wanneer jy dit nodig kry.

Voer die boom van 'n koekpan uit met botterpapier wat met botter gesmeer is. Gebruik 'n vierkantige koekpan met sye van 20 cm. Strooi 'n bietjie strooisuiker en meel oor die bodem.

Berei die suikerbrood deur die eiergele te verroom saam met die suiker tot dit dik en lig van kleur is.

Klop die eierwitte styf.

Sif die meel en sout saam.

Roer die botter by die eiergeel en vou dan die meel en dan die eierwitte by.
Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir 30 minute by 180°C.

Dop die kastaiings af en kook. Druk deur 'n sif en hou bedek eenkant.

Wanneer die koek koud is sprinkel jy die rum daaroor.

Klop die room saam met die strooisuiker en vanilla tot styf.

Smeer 'n dun lagie room aan die kante van die koek en druk die sjokoladevierkantjies daarteen vas.
Sit afwisselende lae room en kastaiings bo-op die koek. Versier met sjokoladevierkantjies.

No comments :

Post a Comment