400 g spinasie
250 g beetblare
200 g skaapsuring (sorrel)
100 g botter
250 mℓ droë witwyn
1 liter aftreksel
7,5 mℓ sout
7,5 mℓ suiker
250 mℓ gekapte komkommer
1 fyngekapte salot
15 mℓ fyngekapte kerwel
15 mℓ fyngekapte tarragon
10 ysblokkies
Kook die spinasie, beetblare en skaapsuring in die botter oor lae hitte tot sag. Maak dit fyn in 'n voedselverwerker en laat afkoel.
Wanneer die puree koud is meng dit met die res van die bestanddele, behalwe die ysblokkies. Voeg die ysblokkies by as alles goed gemeng is. Laat die ys smelt, meng dan weer en bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment