Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/05/2013

Suurlemoenkaaskoek

Kors
250 mℓ fyngerolde mariebeskuitjies
60 mℓ gesmelte botter
45 mℓ suiker
5 mℓ neutmuskaat

Vulsel
1 blik kondensmelk
15 mℓ gelatien
60 mℓ koue water
225 g maaskaas
die gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 mℓ deurgesygde suurlemoensap
250 mℓ room

Die kaaskoek word gebak in 'n 23 – 25 cm losboomkoekpan.

Meng al die bestanddele vir die kors saam. Hou 80 mℓ daarvan eenkant om oor die kaaskoek te strooi. Die res druk jy op die boom van die koekpan vas.
Bak die kors 8 minute lank by 180°C en laat dan afkoel voor jy dit gebruik.

Begin die vulsel deur die gelatien in die water op te los in 'n bakkie wat oor warm water staan.

Roer die maaskaas tot dit sag is en voeg dan die kondensmelk, suurlemoensap en skil by.
Klop alles goed saam.
Voeg die gelatien by en klop om te meng.
Vou die room by.
Gooi die mengsel oor die kors.
Strooi die krummels oor en verkoel dit vir ten minste 4 uur voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment