Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/20/2013

Varkpootjies / Pieds de porc

4 varkpootjies, skoongemaak en in die lengte deur gekloof
1 ui, fyngekap
2 stokke seldery, in stukkies gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
5 mℓ sout
1 lourierblaar
250 mℓ asyn
5 mℓ gemaalde swartpeper
water

Plaas al die bestanddele in 'n kastrol en bedek dit met water.
Bring tot kookpunt en draai dan die hitte tot op laag om verder te prut vir 3 uur lank.
Die vleis moet van die bene begin loskom.

Verwyder die varkpootjies uit die vloeistof en dreineer.
Doop die pootjies dan in geklitste eier en daarna in fyn broodkrummels.
Braai bruin in botter aan alle kante.



(foto Dottie Day)

No comments :

Post a Comment