Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/09/2013

Bougras

Bougras is 'n Franse groentesop. Die water vir die sop is water wat gebruik is vir die maak van bloedwors.

Sny 'n koolkop in kwarte, blansjeer dit en doop direk daarna in yskoue water.

Kook 2,5 liter water wat vir bloedwors gebruik is. Vul die water aan met kraanwater indien dit nie genoeg is nie.

Voeg hierby:
8 wortels, in kwarte gesny
4 witwortels, in kwarte gesny
3 uie, in kwarte gesny
4 preie, in kwarte gesny
4 stokke seldery, in kwarte gesny
bouquet garni

Kook 45 minute en gooi dan 400 g aartappels by wat in dun skywe gesny is. Kook stadig vir 'n verdere 25 minute.

Verwyder nou die helfte van die groente en braai dit in vet / botter.
Gooi nou 200 mℓ vleisaftreksel by dié gebraaide groente.
Gooi nou dit terug by die sop en kook die sop vir nog 15 minute.

Bedien die sop saam met 'n lekker varsgebakte brood.

No comments :

Post a Comment