Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/11/2013

KOOK op Valentynsdag

Dis maklik om vuur in 'n verhouding te blaas. Die eenvoudige antwoord is: Wees bietjie meer romanties. Die beste van alles is dat die nie rerig moeite is nie. Neem nou maar hierdie 11 idees:

  • 'n Stukkie sjokolade op die kussing is 'n stokou idee, maar werk nog net so goed.
  • Wanneer jou geliefde na 'n vermoeiende dag by die huis kom is daar 'n skuimbad getap met kerse, sjampanje en romantiese musiek.
  • Daag onverwags by hulle werk op met middagete uitgerus met 'n piekniekmandjie vol van hul gunsteling eetgoed.
  • 'n Romantiese aandete faal selde.
  • Ontbyt in die bed is ook 'n ou wenner.
  • Skep 'n gereg en vernoem dit na hom. Stuur die na Kookkuns.com en laat hom weet. (Maak net seker dit smaak na wense.)
  • Hou 'n braai vir al julle vriende, waartydens jy 'n boom uitpluk en plant as simbool van julle liefde.
  • Julle is iewers by 'n braai wanneer jy almal stilmaak en sê jy het 'n belangrike aankondiging: "Ek is lief vir Hansie / Grietjie!" (Onthou om jou geliefde se naam te gebruik in plaas van Hansie of Grietjie.)
  • Skep 'n geheime kodewoord vir die volgende braai waarvan net julle twee die ware betekenis weet, soos byvoorbeeld 'warm' en dit beteken 'Ek wil jou hê'. Dan kan julle dinge sê soos "Sjoe die vuur is 'warm'!" of "Dit was 'n 'warm' dag vandag."
  • Skryf "Ek is lief vir jou!" op al die blikkieskos in die kas.
  • Stuur 'n liefdesgedig vir Roekeloos.co.za en laat hom / haar weet wanneer dit gepubliseer is.

Sien ook 14 Februarie, Valentynsdag

No comments :

Post a Comment