Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2026

Alles-behalwe-jou-ma-se-aartappelslaai

500 g gekookte klein aartappeltjies
2 salotte, dun gesny
sap van 2 lemmetjies
¼ teelepel sout, plus nog na smaak
1 jalapeño, fyngekap
1 koppie gekapte koljander
¼ koppie grof gekapte en geroosterde grondboontjies

Week die salottet in die lemmetjiesap met die sout vir 10 minute.

Die aartappels moet kamertemperatuur wees.
Sny dit in skywe, insluitend die skil.
Voeg die aartappels, jalapeño, koljander en grondboontjies by die sjalotte en meng saam.
Proe vir sout.

7/02/2026

Radish Pesto / Radys Pesto

1 knoffelhuisie
¼ teelepel sout, plus na smaak
2 bossies radyse, gewas en gedroog
¼ koppie liggies geroosterde pistasieneute of pekanneute
½ koppie vars gerasperde parmesaan of pecorino
½ koppie olyfolie

Stamp die knoffel saam met die sout tot 'n pasta.

Meng die radyse met die neute, knoffel en kaas in 'n voedselverwerker, terwyl jy die olyfolie in 'n dun straaltjie bygooi.
Maak seker alles meng. Jy wil 'n dik, eenvormige sous maak.
Proe vir sout en pas aan.

7/01/2026

Pikante groenbone / Spicy Green Beans

Hierdie 10 minute gereg kan as bykos dien of op warm rys as 'n ligte middagete.

1 knoffelhuisie
½ teelepel sout
½ koppie gevlokte amandels, gerooster
1 eetlepel olyfolie
1 blikkie groenbone, afgespoel en gedroog
1 teelepel rissievlokkies
2 teelepels suurlemoensap of rooiwynasyn

Stamp die knoffel fyn saam met die sout tot 'n pasta in 'n vysel.
Stamp dan die amandels by.

Verhit die olie in 'n pan tot dit amper rook.
Voeg die bone in 'n enkel laag by en kook oor hoë hitte sonder om te roer totdat hulle duidelik bruin is aan die onderkant - 30 tot 60 sekondes.
Draai die bone – ingemaakte bone is pap, en jy probeer om dit bymekaar te hou.
Voeg die rissievlokkies by en laat dit aan die ander kant bruin word.
Roer die knoffel-amandelmengsel by, roer dan die suurlemoensap by, terwyl jy steeds roer.
Proe vir sout en pas aan.

6/25/2026

Stingelui sous / Scallion Sauce

1 bossie stingeluie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 teelepel sout
olyfolie
lemmetjiesap, maar suurlemoen of lemoen kan ook gebruik word

Stamp die stingeluie en knoffel tot 'n pasta saam met die sout.

Voeg 'n skeut lemmetjiesap by en klop olyfolie by tot dit 'n emulsie vorm.

Gebruik die sous met rys, eiers of noedels rys, eiers of noedels.

6/24/2026

Radys frittata / Radish Frittata

3 koppies gekapte radyse
olyfolie
sout
8 eiers, geklits met 'n knippie sout
gekapte tiemie (opsioneel)
2 koppies groente (vars spinasie, gebraaide uie, gekapte stingeluie en/of koljander)

Verhit die oond tot 200°C.

Meng die radyse in 'n bak met 'n bietjie olyfolie en sout en plaas op 'n bakplaat.
Rooster tot gekaramelliseer en goudbruin; vir omtrent 10 minute.
Laat afkoel en verlaag die oondtemperatuur tot 180°C.

Voeg die radys, 'n knippie tiemie en groente by die eier en roer om te kombineer.

Verhit 'n oondvaste pan. Bedek goed met olyfolie. Voeg die eiermengsel by en skuif die gestolde deel 'n paar keer na die middel. Sodra die kante gestol het, plaas dit in die oond. Kook tot die bokant net gestol het; omtrent 8 minute.
Laat dit 'n bietjie afkoel in die pan en keer dan om.

Soos die meeste frittatas, is hierdie een beter by kamertemperatuur as warm.

6/19/2026

Peperonata

1 soetrissie, in repe gesny in die lengte
½ ui, in dun halfmane gesny in die lengte
1 knoffelhuisie, in dun skyfies gesny
olyfolie
sout
tamatie, opgesny - opsioneel

Verhit 'n dikboom pan.
Gooi 'n lagie olyfolie in die pan.
Braai die soetrissies, uie, koffel en sout saam oor medium-lae hitte tot hulle sag is en 'n bietjie sis.
Die tamatie kan saam met die ander groente bygevoeg word.

6/18/2026

Ertjie puree / Pea Puree

1 koppie gaar ertjies
2 eetlepels gekapte vars kruie (koljander, kruisement, dille, of 'n kombinasie)
3 eetlepels olyfolie
sout na smaak.

Pols alles saam in 'n voedselverwerker.

Dit is heerlik by kamertemperatuur op roosterbrood, of as 'n doopsous, en dit is veral lekker gemeng deur gaar groenbone of gaar broccoli.

As jy dit doop, kan jy ook 'n halwe avokado en 'n klein lepel suurroom of jogurt byvoeg.

6/11/2026

Hoe om pampoen te kook

Sny die pampoen in die helfte en verwyder enige pitte en los materiaal met ’n lepel.
Skil dan die pampoen en sny dit in stukke.
Plaas dit in ’’n kastrol en bedek met water.
Bring tot kookpunt en laat kook tot die pampoen sag is.
Bedien met botter of ’n sous.

Laat dit afkoel indien jy dit wil fynkap of puree.