’n Blikkie tuna het nog nooit so uitgeblink in ’n gereg nie. Hierdie variasie van tuna en mayonnaise kan net so geëet word saam met kropslaai of rys, as ’n doopsous bedien word of op ’n broodjie gesmeer word. Gebruik opgesnyde rou of ingelegde groente saam met die tuna soos dit jou smaak pas.
Gochujang is ’n pasta gemaak van rooi brandrissies, gefermenteerde sojabone, rys en sout. Dit is met rede ’n stapel van die Koreaanse kookkuns.
Meng gewoon twee teelepels gochujang saam met twee eetlepels mayonnaise voor jy dit saam met jou tuna meng. Op die dag het ek twee fyngesnyde, ingelegde uie bygesit en ’n paar druppels makadamia olie.
Geur met bietjie swartpeper.
Kookkuns
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
1/22/2026
1/21/2026
Gevulde sampioene - op die Franse manier / Champignons Farcis
Gevulde sampioene maak 'n goeie warm hors d'oeuvre of 'n garnering vir 'n vleisbord.
BESTANDDELE
12 vars sampioene, stingels verwyder en fyngekap, of 4 – 6 groot sampioene
7 eetlepels gesmelte botter
Sout en peper
3 eetlepels fyngekapte uie
1 eetlepel olie
3 eetlepels fyngekapte salotte
3 eetlepels fyn, wit, droë broodkrummels
¼ koppie gerasperde Switserse kaas
¼ koppie gerasperde parmesaan
4 eetlepels gekapte kruie
½ teelepel dragon
2 tot 3 eetlepels slagroom
3 eetlepels gerasperde Switserse kaas
STAPPE
Verhit die oond tot 190 grade Celsius.
Verf die sampioene met 3 eetlepels gesmelte botter. Plaas dit, met die hol kant na bo, in ’n braaipan. Strooi liggies sout en peper oor.
Braai die uie in 2 eetlepels botter en olie vir 4 minute sonder om dit te verbruin.
Voeg die salotte en sampioenstingels by. Braai oor matig hoë hitte in ’n pan - roer gereeld. Na 6 tot 8 minute behoort die sampioen liggies te verbruin.
Verwyder van die hitte en meng die broodkrummels, kase, kruie, dragon en speserye by. Meng 'n lepelvol room op 'n slag by om die mengsel te bevogtig, maar hou dit styf genoeg om sy vorm in 'n lepel te behou.
Proe vir sout en peper.
Vul die sampioene met die vulsel. Bedek elkeen met 'n bietjie kaas en druppels gesmelte botter.
Bak in die boonste derde van 'n voorverhitte oond vir 15 tot 20 minute, of totdat die sampioene sag is en die vulsel bo-op liggies bruin is.

Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Peuselhappie
,
Vegetaries
1/15/2026
Krans-slaai vir Kersfees, of in enige ander vorm vir die res van die jaar
Die kombinasie van vars blare, kleurvolle blomme, krakerige neute, soet gedroogde vrugte en geurige kaas skep 'n visueel aanskoulike en kompleks gegeurde gereg.
BESTANDDELE
’n Vinaigrette
’n Mengsel van verskillende tipes blaarslaai, verkieslik fyn, klein blaartjies in verskillende skakerings
’n Hand vol gedroogde bosbessies
’n Peer, in skaafsels gesny
Skaafsels parmesaan
’n Hand vol pistachios, stukkend gedruk
Eetbare blommetjies
Olyfolie
Gereduseerde balsemasyn
STAPPE
Meng die blare goed met die vinaigrette.
Pak die blare in die vorm en voeg die res van die bestanddele by. Die blommetjies is laaste, gevolg deur olyfolie en balsemasyn.

1/14/2026
Pampoenkoekies met 'n karamelsous / Pumpkin Fritters with a Caramel Sauce
BESTANDDELE
250 ml koekmeel, ongesif
25 ml suiker
10 ml bakpoeier
250 ml gaar pampoen, koud
1 eier, geklits
50 ml melk
olie vir diep braai
Karamelsous
250 ml suiker
60 ml botter
250 ml water
250 ml melk
25 ml vlapoeier
STAPPE
Sif die meel, suiker en bakpoeier saam.
Voeg die pampoenmoes, eier en melk by en meng goed.
Skep lepelsvol in matige warm olie en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Braai die suiker en botter in 'n dikboom kastrol tot goudbruin. Roer dan die water versigtig by en dan die melk. Roer aanhoudend totdat karamel gesmelt het. Maak die vlapoeier aan met bietjie koue water, roer by die sous. Verhit totdat sous verdik.
Gooi sous bo-oor pampoen koekies.
Lekker eet!
resep: Chantelle Geldenhuys

1/08/2026
Broodslaai
'n Maklike resep.
sny brood in dik snye en dan in blokkies
sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis, in stukkies gekap
gelyke hoeveelhede kondensmelk & mayonnaise
olie vir diepbraai
gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)
Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise-mengsel 'n halfuur voor opdiening.
bydrae: Rika Spang
Resep 2
1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mostertpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25ml asyn
Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mostert, sout, peper, en asyn saam. vVoeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend. laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies. Versier met vars pietersielie.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Resep 3
6 eiers
6 eetlepels asyn
6 eetlepels suiker
1 eetlepel mostertpoeier
sout na smaak
750 g Mayonaise
3 koppies broodblokkies
1 koppie kaasblokkies
Klop eiers tot skuimerig. Meng asyn, suiker mostert met bietjie water en voeg by geklopte eiers. Roer oor warm plaat tot dit dik is. haal van hitte af en klits goed. Laat afkoel en voeg mayonaise by. Braai broodblokkies in diep olie tot bruin. Dreineer en meng met brood en kaas. Gooi sous oor net voor opdiening.

1/07/2026
Maklike yskas kaaskoek - beskuitjie kors en kondensmelk, maaskaas en room vulsel / Easy Fridge Cheesecake
Kaaskoek met kondensmelk.
Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies
100 g gesmelte margarine
Maak beskuitjies fyn en meng met gesmelte margarine. Druk vas in tertbak en los in yskas.
Vulsel
1 blik kondensmelk
250 g maaskaas
75 ml suurlemoensap (of bietjie meer)
1 teelepel vanielje essens
250 ml vars room
Meng kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap en essens.
Voeg styfgeklopte room by en meng liggies.
Gooi in tertbord, en laat goed koud word in die yskas (vir ten minste 4 uur lank)
Opsionele "Topping"
1 blikkie vrugte (Youngberries, appelkosies ens)
1 teelepel maizena
Verdeel vrugte en die sap
Rangskik vrugte bo-op die kaaskoek
Maak pasta met sap en maizena, en bring tot kookpunt totdat dik
Koel af en skep met lepel oor vrugte.
Verkoel verder in yskas totdat tert gestol is.
resep: Linda Malherbe
Yskas kaaskoek, kaaskoek met maaskaas - kaaskoek resep.

Nagereg
1/01/2026
Soet suurdeeg brood / Sweet sourdough bread
Hierdie is ’n beproefderesep vir 1 groot of 2 medium soet suurdeegbrode – geskik vir iemand wat 'n goeie krummelstruktuur soek. Die brood het ’n sagte, effens soet geur met net genoeg suurdeeg-karakter om dit interessant te maak, sonder om skerp te wees.
BESTANDDELE
Suurdeeg starter
100 g aktiewe suurdeeg starter
100 g louwarm water
100 g wit broodmeel
Deeg
500 g wit broodmeel
180 g volroom melk, louwarm
2 groot eiers, teen kamertemperatuur
80 g wit suiker
10 g fyn sout
80 g botter, baie sag (nie gesmelt nie)
STAPPE
Meng die starter, water en meel goed. Bedek losweg en laat staan 4–6 ure by kamertemperatuur tot borrelend en aktief.
Meng die meel, melk, eiers, suiker en die starter. Meng tot dit ’n growwe deeg vorm.
Laat rus vir 30 minute.
Voeg die sout en botter by. Knie die sout in. Voeg die botter bietjie vir bietjie by terwyl jy knie. Knie 10–15 minute (met hand of menger) tot die deeg glad, elasties en effens blink is. Die deeg moet sag wees, maar nie taai nie.
Plaas in ’n liggies gesmeerde bak. Bedek en laat rys 4–6 ure by ±24 °C. Vou die deeg elke uur liggies om, om struktuur te bou. Die deeg moet ongeveer 50–70% in volume toeneem (nie verdubbel nie).
Keer die deeg uit.
Vorm liggies in ’n brood of twee kleiner brode.
Plaas in gesmeerde broodpanne of op bakpapier.
Bedek losweg. Laat rys 3–5 ure tot die deeg stadig terugveer as jy dit liggies druk.
Alternatief: oornag in die yskas vir beter geurontwikkeling.
Verhit oond tot 180 °C.
Verf die bokant met eier en melk (1 eier + 1 eetlepel melk).
Bak 35–40 minute vir ’n groot brood. 25–30 minute vir kleiner brode Die brood is gaar as dit hol klink onder en ’n interne temperatuur van ±93 °C het.
Laat heeltemal afkoel voor sny – dit stabiliseer die tekstuur.

Brood
12/31/2025
Vinnige tamatiesop / Quick Tomato Soup
Hierdie tamatiesop resep is genoeg vir 4 persone.
BESTANDDELE
3 eetlepels ongesoute botter
1 groot ui, fyngekap (ongeveer 1½ koppie)
Knippie rissie vlokkies
½ teelepel gedroogde origanum
½ teelepel gedroogde pietersielie
1 eetlepel koekmeel
Twee blikkies heel tamaties met hul sap
½ koppie room
Sout en varsgemaalde swartpeper
1 eetlepel whiskey
2 eetlepels olyfolie
Vars kruie vir garnering
STAPPE
Smelt die botter in 'n kastrol oor medium-hoë hitte.
Voeg die uie by en kook, roer gereeld, totdat dit sag is maar nie bruin is nie, tot 8 minute.
Voeg die rissie vlokkies, origanum en pietersielie by en kook, roer, tot geurig, ongeveer 30 sekondes.
Voeg die meel by en kook, roer, vir 30 sekondes.
Voeg die tamaties met hul sap by en roer terwyl jy die meel van die bodem van die pan af skraap.
Voeg die room by en kook, roer af en toe en breek die tamaties met die lepel op, totdat die hele ding kook.
Verlaag die hitte tot 'n prut en los vir 3 minute.
Verwyder die sop van die hitte en maak fyn met 'n staafmenger.
Geur die sop na smaak met sout en peper.
Roer die whiskey by en verhit tot dit weer begin prut.
Sit dadelik voor en sprinkel olyfolie oor elke porsie.
Garneer met kruie.

12/25/2025
’n Eenvoudige aspersiesop / Asparagus soup
BESTANDDELE
1 bossie aspersies
2 koppies sterk hoenderaftreksel – voorberei deur swak hoenderaftreksel vir 30 min te kook
Sout
1 eetlepel botter.
STAPPE
Sny slegs die mees onmoontlik harde wit onderkante van die aspersies af. Meng die oorblywende aspersies in 'n pot met die hoenderaftreksel en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut totdat die aspersies heeltemal sag is. Dit neem ongeveer 20 minute.
Verwyder van die hitte, proe vir sout.
Voeg die botter by, maak heeltemal glad in ’n voedselverwerker.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)