Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/13/2013

Kook rys met aftreksel / Rice Cooked in Stock

Gee jou rys bietjie woema deur dit eenvoudig in aftreksel te kook, plaas van net in water. Hierdie resep gaan so bietjie verder:

1 liter aftreksel
625 mℓ rys
80 mℓ botter
1 ui, fyn opgesny
2 mℓ saffraan
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2,5 mℓ vars gerasperde gemmer
2,5 mℓ garam masala
2,5 mℓ gemaalde kardemom
7,5 mℓ sout
45 mℓ rooswater
60 mℓ ontpitte rosyne
60 mℓ gevlokte amandels, gerooster
250 mℓ gekookte ertjies
3 hardgekookte eiers, in kwarte gesny

Braai die ui in die botter tot dit goudbruin is.

Voeg die saffraan, knoffel en gemmer by en braai vir nog 'n minuut. Roer aanhouden.

Gooi die rys by en braai 'n verdere 5 minute oor matige hitte. Roer gereeld.

Gooi die aftreksel, garam masala, kardemom, sout, rooswater en rosyne by.
Plaas 'n deksel op en prut oor lae hitte vir 20 minute.

Garneer die rys met die ertjies, amandels en eiers.

Bedien hierdie gereg saam met hoender, brood en 'n komkommerslaai.

No comments :

Post a Comment