Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/25/2013

Maalvleis met ertjies en rys

Hierdie is 'n eenskottelgereg, genoeg vir 6 persone.

500 mℓ rys
50 mℓ botter
5 mℓ komynsaad
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 mℓ vars gerasperde gemmer
6 heel naeltjies
250 g maalvleis
50 mℓ ertjies
1 liter warm water
15 mℓ sout
5 mℓ garam masala

Smelt die botter in 'n swaarboompot en braai die ui, komyn, knoffel, gemmer en naeltjies saam tot die ui sag is.

Voeg die vleis by en braai tot die vleis bruin is.

Voeg die ertjies by saam met 125 mℓ van die water. Roer om alles goed te meng en kook vir 5 minute.

Voeg die rys en res van die water by.
Roer die sout by.
Bring dit tot kookpunt, draai dan die hitte so laag as moontlik, plaas die deksel op en kook vir 10 minute.

Strooi die garam masala oor die gereg – moet nie roer nie.
Bedek weer en kook vir nog 10 minute – of tot die water geabsorbeer is.

Bedien warm met 'n slaai en brood.

No comments :

Post a Comment