Voorbereidingstyd: 20 minute en 1 uur om te stol
Resep bedien: tot 12 persone
Krummelkors
125 g beskuitjies
2,5 mℓ fyngemaalde kaneel
¼ koppie botter of margarien
Vulsel
750 ml ricotta
1¼ koppie suiker
15 mℓ suurlemoensap
5 mℓ vanilla ekstrak
15 mℓ brandewyn (opsioneel)
22,5 mℓ gelatien
½ koppie sterk koffie of ½ koppie kookwater gemeng met 15 mℓ kitskoffie
1 koppie room, geklop
½ koppie gesnipperde sjokolade
Voer die basis van 'n 25 – 28 cm losboompan (springform pan) uit met bakpapier.
Plaas die beskuitjies, kaneel en botter in 'n voedselverwerker en maak 'n krummelmengsel.
Gooi dit in die losboompan en druk vas op die bodem.
Gooi die ricotta, suiker, suurlemoensap, brandewyn en vanilla in 'n mengbak en klop goed saam.
Plaas die gelatien in 'n beker en gooi die koffie by.
Mikrogolf vir 1 minuut op medium. Dit moet stroperig wees.
Roer 'n paar lepels ricotta by die gelatien en meng voor jy dit by die hoof mengsel roer.
Vou die room en sjokolade by die mengsel tot dit een egalige mengsel vorm.
Gooi die mengsel in die losboompan en strooi sjokoladeskerwe oor.
Plaas in die yskas om te stol.
Bedien dié kaaskoek teetyd of as 'n nagereg.

Jy sal hierdie resep kry in Art of Cooking.
Die boek kan bestel word by caroliedekoster@gmail.com.
resep: Carolie de Koster & Art of Cooking
No comments :
Post a Comment