Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/09/2013

Ricotta en murgpampoentjie pastei / Ricotta and Marrow Pie

'n Heerlike voedsame groentepastei. Bedien dit as 'n vegetariese hoofgereg, 'n ligte maaltyd of as bygereg by vis of vleis.

Vir 'n ryk tert kan mascarpone of room gebruik word. Gebruik andersins melk.

Voorbereidingstyd: 45 minute
Baktyd: 35 minute
Resep bedien: tot 10 persone

Vinnige jogurtkors
250 mℓ meel
7,5 mℓ bakpoeier
¼ teelepel sout
¼ koppie olie
1/3 koppie natuurlike jogurt
'n klein bietjie ekstra jogurt

Vulsel
½ koppie ricotta
4 eiers
½ mosterdpoeier of voorbereide mosterd
¼ teelepel sout
'n knippie witpeper
1 stingelui, fyn opgesny
1 eetlepel vars gekapte pietersielie
¼ koppie vars broodkrummels (± 1 sny, die kors verwyder en verkrummel)
½ koppie melk
1 koppie mascarpone / room / melk
2 koppies gerasperde murgpampoentjies (3 – 4, afhangende van die grootte)
½ gerasperde cheddar / edam / parmesaan
varsgemaalde swartpeper en gemengde kruie om oor te strooi
2 ekstra eetlepels van jou gerasperde kaas om oor te strooi



Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer 'n diep 26 cm tertbak of 'n 28 cm vlak tertbak met botter of margarien.

Plaas al die bestanddele vir die kors in 'n mengbak en meng versigtig met jou hande tot dit 'n sagte deeg vorm. Moet dit nie te veel meng nie.

Vryf nou meel oor jou hande en druk die deeg egalig vas oor die tertbak se bodem en kante. Maak seker die deeg is uitgedun op enige hoeke of voue van die bak. Dit is om te verhoed dat daar dik stukke deeg in die tert is. Sny die kante mooi netjies en verkoel die kors terwyl die vulsel voorberei word.

Plaas die ricotta, eiers, mosterdpoeier, sout en witpeper in 'n mengbak en meng goed.

Gooi die vulsel in die kors en strooi swartpeper oor.
Bak vir omtrent 35 minute. Die vulsel moet goudbruin en gestol wees.

Haal die tert uit die oond en strooi die twee eetlepels kaas oor.



Bedien dit warm uit die oond of laat dit koud word en bedien dan saam met slaai.

Variasie
Indien jy vleis verkies kan jy sowat 100 g gerookte salm of ham wat in dun repies gesny is byvoeg.


Jy sal hierdie resep kry in Art of Cooking.

Die boek kan bestel word by caroliedekoster@gmail.com.

resep: Carolie de Koster & Art of Cooking

No comments :

Post a Comment