Steek gaatjies in die vleis en druk die kwarte van 2 knoffelhuisies in die gaatjies.
Vir die speserymengsel het jy nodig:
85 g sagte bruinsuiker
28 g wonderpeper
2 lourierblare, opgebreek en fyngedruk in 'n stamper en vysel
120 g sout
Vryf die vleis goed in met die mengsel.
Sit die vleis in 'n bak en hou dit in die yskas vir 7 dae. Vryf dit elke dag in met die mengsel.
Bind die vleis toe met kaasdoek en plaas dit saam met die volgende bestanddele in 'n pot en bedek met koue water:
2 uie, in kwarte gesny
2 wortels, in kwarte gesny
1 selderystingel, in stukkies gesny
'n bouquet garni
Prut vir 4 uur.
Laat die vleis effens afkoel in die vloeistof voor jy dit uithaal.
Plaas die vleis in 'n diep bak, sit 'n bord bo-op en plaas 'n gewig van ten minste 1,8 kg op die bord om die vleis saam te pers.
Laat dit oornag so staan.
Bedien die vleis net so of bestryk dit eers met vleisglaseersel.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment