Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/15/2013

Groenboontjieslaai

Groenboontjieslaai is gewoon groenboontjies in olyfolie (haricots verts niçoise) wat koud bedien word met 'n Franse slaaisous of 10 ml van 'n ligte asyn.

Die groenboontjies moet vars wees, verkieslik nog baie jonk en klein. Die boontjies moet kraak as jy dit breek.

Was die boontjies in koue water en sny dan die punte af (top and tail).

Sny die boontjies diagonaal in repe.
Plaas dit in gesoute kookwater en kook vir 15 minute.
Dreineer die bone, terwyl jy 30 ml olyfolie in die pan verhit saam met 'n knoffelhuisie.
Verwyder die knoffelhuisie na 2 minute en voeg eers 30 ml fyngekapte salot by en dan die bone. Skud die pan om te sorg dat die olyfolie die bone bedek.
Gooi 5 ml fyngekapte pietersielie by en meng deur.

No comments :

Post a Comment