Gebruik 500 g ferm filette van enige wit vis.
45 mℓ meel
45 mℓ kekerertjiemeel
7,5 mℓ sout
5 mℓ garam masala
2,5 mℓ borrie
olie vir braai
1 eier, geklits
Die vis moet skoon en droog wees.
Meng die meel, kekerertjiemeel, sout, garam masala en borrie.
Verhit die olie tot dit begin rook.
Doop die vis eers in die eier en dan liggies in die meelmengsel. Braai vinnig tot goudbruin, aan beide kante.
Dreineer die vis en bedien dadelik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment