Hierdie
gewilde Amerikaanse sop vind byval by Suid-Afrikaanse mielieliefhebbers.
6 koppe
mielies OF 1 410 g blikkie verroomde mielies en 1 410 g blikkie
mieliepitte
100 g swoerdlose
(rindless) strepiespek (± 6)
125 ml gekapte
uie
125 ml gekapte
seldery
60 ml fyngekapte
groen soetrissie
250 ml rou
aartappel, in blokkies gesny
500 ml water
2,5 ml sout
1 ml paprika
'n knypie
rooipeper
1
lourierblaar
60 ml koekmeel
125ml melk
375 ml melk
OF room
sout
varsgemaalde
swartpeper
gekapte
pietersielie
stukkies
gebraaide spek
Indien jy
heel mielies gebruik, sny die pitte af en skraap die stronk op en af om die
melkerige oorblyfsels ook te verwyder. Indien jy geblikte mielies gebruik, voeg
die blikkies se inhoud bymekaar.
Braai die
spek tot bros in die soppot.
Laat die
spek afkoel en verkrummel dit. Hou eenkant.
Gooi die
ui, seldery en soetrissie in die pot waarin die spek gebraai is en braai stadig
vir 5 minute.
Voeg die rou
mielies, aartappels, 2,5 mℓ sout, paprika, rooipeper en lourierblaar by en
bring tot kookpunt. Prut stadig vir 20 minute.
Indien jy
geblikte mielies gebruik, voeg dit eers na die 20 minute by.
Meng die
koekmeel en 125 mℓ melk en roer dit by die sop, terwyl jy aanhoudend roer.
Roer die
375 mℓ melk/room by, proe vir sout en bring tot kookpunt.
Bedien die
sop as dit van die stoof af kom. Garneer dit met swartpeper, pietersielie en
spek.
Hierdie
resep is genoeg vir 6 tot 8 persone.
Variasies:
Vir 'n vegetariese
weergawe kan jy die spek weglaat en nog geurmiddels en 'n paar druppels Tabasco
byvoeg.
Vir 'n meer kleurvolle
sop kan jy 'n halwe rooi en halwe groen soetrissie gebruik.
Jy sal hierdie resep kry in Art of Cooking.
Die boek kan bestel word by caroliedekoster@gmail.com.
resep: Carolie de Koster & Art of Cooking
No comments :
Post a Comment