Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/15/2013

Koue borsch

Borsch is 'n bekende Russiese sop.

750 g beesvleis
1 kalfskenkel
2 liter water, gesout
3 takkies pietersielie
2 preie, in skywe gesny
2 wortels, in ringe gesny
2 rape, in skywe gesny
2 stokke seldery, in stukkies gesny
1 lourierblaar
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
2 naeltjies
500 g gekookte beet, gerasper
½ rooikool, gerasper
2 aarappels, inskywe gsny
2 uie, in skywe gesny
125 g sampioene, in skywe gesny
60 mℓ rooiwyn
250 mℓ suurroom

Plaas die vleis en skenkel in jou soppot, gooi die water by en bring tot kookpunt. As die water nie die vleis bedek nie, gooi nog by.
Wanneer dit kook gooi jy die pietersielie, preie, wortels, rape, seldery, lourierblaar, knoffel, peperkorrels en naeltjies by.
Bedek en laat dit 2 uur lank stadig prut. Skep enige skuim af van tyd tot tyd.

Verwyder die pot van die hitte en haal die vleis uit. Jy kan dit vir 'n ander resep gebruik as gekookte vleis. Gooi die res deur 'n sif. Behou net die vloeistof.
Voeg die beet, kool, aartappels, uie en sampioene by. Bring tot kookpunt en prut sonder deksel vir 1½ uur.
Druk die sop deur 'n sif en verkoel dit.

Roer die rooiwyn en suurroom by net voor jy dit bedien.

Hierdie resep is genoeg vir 8 persone.

Warm borsch

No comments :

Post a Comment