Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/05/2013

Patatas bravas

'n Klassieke Spaanse gereg.

450 g aartappels, geskil en in 2 cm blokkies gesny
45 mℓ olyfolie

Tamatiesous:
olyfolie
2 klein uitjies, fyngekap
1 rissie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
15 mℓ tamatiepasta
400 g geblikte tamaties
10 mℓ paprika
5 mℓ sout
5 mℓ suiker
gekapte grasuie

Verhit die 45 mℓ olyfolie in 'n oondpan.
Plaas die aartappels versigtig in die olie en draai dit om om met die olie te bedek.
Plaas in 'n 200°C oond vir 45 minute.

Intussen berei jy die tamatiesous.
Verhit 'n bietjie olyfolie in 'n souspan en braai die uie vir 5 minute.
Voeg die rissie by en braai nog 2 minute.
Gooi nou die knoffel, tamatiepasta, tamaties, paprika, sout en suiker by.
Prut dit vir 20 minute. Die sous moet begin verdik.

Skep die tamatiesous oor die aartappels en garneer met die grasuie.

Die resep is genoeg vir 'n minimum van 4 persone.

No comments :

Post a Comment