Bedien
dit as 'n vinnige happie of as 'n ligte maaltyd - warm of teen kamertemperatuur.
Voorbereidingstyd: 30
minute
Kooktyd: 20 minutes
Die resep is genoeg vir 6 persone.
500
g witvisfilette, skoongemaak
sout
en varsgemaalde swartpeper
knoffel
of ander kruie as geurmiddel
30
ml botter of margarine
±
250 g broccoli, geblansjeer en opgekap
±
180 g feta of halloumi, fyn opgesny - 30 ml per pakkie
3
velle fillodeeg, in kwarte gesny - met ander woorde 12 blokke
80
ml botter of margarine, gesmelt
'n
geurmiddel soos paprika of rooipeper
Geur die vis liggies met sout en
varsgemaalde swartpeper.
Verhit die botter in 'n vlak pan en
braai die vis goudbruin aan beide kante - die vis hoef nie gaar te wees nie.
Haal dit uit die pan en hou eenkant om af te koel.
Gooi die broccoli in die pan waarin
die vis gebraai is. Braai dit vinnig op hoog vir 1 minuut.
Verwyder dit van die hitte en meng
met die kaas. Laat staan om af te koel.
Verhit die oond tot 180°C. Verf 6
velle fillo met die gesmelte botter. Plaas die oorblywende 6 blokke presies op
die wat geverf is. Verf die ook met die botter.
Plaas elke porsie vis diagonaal op
elke blok en verdeel die broccoli en kaas mengsel tussen die vis. Druk dit vas
op die vis.
Vou 2 teenoorgestelde van elke blok
na mekaar en bedek so die vis grotendeels met die deeg. Vou die ander twee
punte ook na mekaar om 'n pakkie te maak.
Smeer 'n bakplaat met botter en
plaas die pakkies op dit. Strooi jou geurmiddel liggies oor en bak by 20 minute
tot goudbruin.
Jy sal hierdie resep kry in Art of Cooking.
Die boek kan bestel word by caroliedekoster@gmail.com.
resep: Carolie de Koster & Art of Cooking
No comments :
Post a Comment