Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2013

Griekse suurlemoensop

1,2 liter hoenderaftreksel
die sap van 1 suurlemoen
90 mℓ gekookte rys
3 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die hoenderaftreksel tot dit kook.
Verwyder dit van die hitte en roer die rys by.

Klits die eiers saam met die suurlemoensap. Voeg bietjies van die aftreksel ook stelselmatig by. Wanneer die mengsel glad is gooi jy dit by die aftreksel.

Kook oor die laagste hitte moontlik vir 'n paar minute.

Geur met sout en peper.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.



(foto Ned Raggett)

No comments :

Post a Comment