250 g afgedopte garnale, skoongemaak en gewas en dan baie fyn opgekap
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2,5 mℓ sout
5 mℓ gerasperde gemmer
5 mℓ vars fyngekapte koljander
1 mℓ peper
2,5 mℓ fyngemaalde komyn
2,5 mℓ garam masala
30 mℓ kekerertjiemeel
30 mℓ meel
olie
Meng al die bestanddele saam, behalwe die meel en olie.
Meng die kekerertjiemeel met die gewone meel.
Rol balletjies van die garnaalmengsel. Rol die balletjies dan in die meel voor jy dit diepbraai in olie tot dit goudbruin is.
Bedien warm.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/15/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment