Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/22/2013

Kerriehoender met kasjoeneute / Curry Chicken with Cashew Nuts

stukke hoender van ongeveer 1,8 kg
45 mℓ olie
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
7,5 mℓ fyngekapte gemmer
45 mℓ kerriepoeier
5 mℓ rissiepoeier
15 mℓ sout
3 tamaties, geskil en fyngekap
30 mℓ garam masala
30 mℓ fyngekapte vars koljander
125 mℓ gewone jogurt
130 g fyngemaalde kasjoeneute

Verhit die olie en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Roer aanhoudend.

Voeg die kerriepoeier, rissiepoeier en garam masala by en roer vir nog 'n minuut.

Voeg die sout, tamaties en koljander by en laat alles stadig kook tot sag.

Voeg die hoender by en roer om alles goed te meng. Plaas die deksel op en laat oor baie lae hitte kook vir 45 minute. Roer elke 15 minute dit om.

Roer die jogurt by en kook, onbedek, vir 5 minute.

Nou roer jy die kasjoeneute by en laat alles saam verhit voor jy dit bedien.

Garneer met vars koljander en bedien saam met chapatis, puri’s of op rys.

Die resep is genoeg vir 6 persone.

No comments :

Post a Comment