Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/30/2013

7de Laan vier fees

Die trots-Suid-Afrikaanse suksesstorie van 7de Laan is welbekend: sedert die reeks 12 jaar gelede vir die eerste keer uitgesaai is, het dit ’n lojale en passievolle gehoor gelok. Die reeks is tans een van die gewildste op plaaslike televisie en word elke weeksdag deur sowat 1.2 miljoen mense gekyk, oor alle rasse en tale heen.

Die eerste 7de Laan-kookboek was drie jaar gelede ‘n reuse-sukses. Die boek, in Afrikaans en Engels, was deel van talle Kers- en einde-van-die-jaar promosies deur verskillende handelaars. Sedertdien het sowel boekhandelaars as kopers gevra vir nóg! Met die verskyning van 7de Laan vier fees! word hieraan gehoor gegee.

Hierdie keer is die boek gebou rondom al die feestelikhede en vierings in die Laan. Ons weet hoe lief die mense van Hillside vir partytjies is, en dis alles hier: die resepte vir die safari-ete wat onlangs gebeeldsend is; Errol se 21ste verjaardagparty; die verskillende karakters se gunstelinge wat hulle gemaak het vir die kerkbasaar; en lekker rugby-kyk resepte vir die mans en dames soos gewys in die reeks.

Jy kan elke dag voel of jy feesvier. Vind inspirasie en kook soos jou geliefde ster uit die Laan – dié kookboek is vir alle fans en vir al ons land se smulpape!



7de Laan vier fees / deur Danie Odendaal Productions -- Human & Rousseau, 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798158138 : R 265.00

No comments :

Post a Comment