Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2013

Byderwetse braaihoender

‘n Nuwe manier om die tradisionele gestopte hoender aan te pak – maklik om gaar te maak en te bedien saam met rys of oondgebakte aartappelwiggies en groente of slaai.

Voorbereidingstyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 30 min
Lewer: 12 porsies

12 hoenderdye met vel aan maar ontbeen
peuselstokkies

Stopsel
250 g vark- of beesworsies
60 ml botter
5 ml gekapte knoffel (1 huisie) OF 1 ml knoffel- en kruiegeursel
6 grasuie, gesnipper
60 ml gekapte pietersielie
1 ml droë tiemie
2,5 ml gemengde droë kruie
250 ml sagte broodkrummels
5 ml bakpoeier
1 ml sout
gemaalde swart peper
1 eier
15 ml brandewyn of water

Geurselsout
5 ml hoenderekstrakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml paprika
ruim knippie rooipeper
2,5 ml gemengde droë kruie
2,5 ml hoender- of braaigeurselsout
1 ml borrie (opsioneel vir ‘n goue kleur)
1 ml knoffel- en kruiegeursel

Sous
30 ml koekmeelblom
250 ml water
5 ml sojasous of Marmite

Om die stopsel te maak, druk die worsvleis uit die dermpies en meng met die res van die stopselbestanddele. Verdeel die stopsel in 12 porsies en vorm in langerige rolletjies.
Plaas die stopsel in die holtes waar die beentjies uitgehaal is en vorm die vel rondom die dye om die stopsel netjies in te sluit. Steek vas met peuselstokkies.

Meng die bestanddele vir die geurselsout en strooi dit oor die dye. Plaas die dye in ‘n oondbraaipan en oondbraai by 180C sonder om te bedek vir ongeveer 30 minute of totdat die vel bros en goudbruin en die stopsel deurgaar is.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment