Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/29/2013

Appel-, neut- en dadelskyf met brandewynstroop

Appel is by die tradisionele and geliefde brandewyntert (tipsy tert) gevoeg en word as skywe bedien wat in Australië en Nieu-Seeland hoogty vier! Geniet dit saam met vla of geklopte room of roomys.

Voorbereidingstyd: 25 min
Gaarmaaktyd: 25 min
Bedien: 12

250 g ontpitte dadel
5 ml koeksoda
175 ml kookwater
125 ml suiker
100 ml botter
375 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
2,5 ml kaneel
1 ml gemengde speserye
2 eiers
250 ml gekapte neute bv. pekanneute, okkerneute, makadamias, brazilneute of gemengde neute
2 appels, geskil en blokkies gesny (e.g. Granny Smith or Braeburn)

Brandewynstroop
125 ml water
125 ml suiker
15 ml botter
5 ml vanieljegeursel
1 ml kaneel
125 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n reghoekige oonvaste bakskottel (± 28 x 20 x 3 cm) goed met botter. Sny die dadels op en plaas in ‘n mengbak saam met die koeksoda, kookwater, suiker en botter. Meng goed, druk die dadels fyn en laat 5 minute afkoel.

Meng die meel, bakpoeier, sout en speserye, voeg die dadelmengsel, eiers, neute en appel by en roer tot goed vermeng.

Skep die beslag in die bakskottel, smeer glad en bak 25 minute of tot ferm en deurgaar. Verlaag die temperatuur aan die einde van die baktyd as die bokant te vinnig of te bruin word.

Plaas intussen al die bestanddele vir die stroop, behalwe die brandewyn, in ‘n klein kastrol en roer oor matige hitte totdat die suiker gesmelt het. Prut 8-10 minute of totdat die stroop met ongeveer ¼ gereduseer het en roer die brandewyn by.

Verwyder die tert uit die oond, laat ‘n paar minute afkoel en skep die stroop oor. Laat staan totdat die stroop ingetrek het. Sny in netjiese skywe en bedien effens warm soos bo aangegee of laat afkoel en herverhit wanneer nodig.


Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.


Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment