Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/28/2013

Visgevulde oondgebakte aartappels

Oondgebakte gevulde aartappels sal as voorgereg of ligte ete by meeste eters groot byval vind.

Voorbereidingstyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 20 min
Lewer : 6-8 porseis

3 groot of 4 matige aartappels
30 ml gesmelte botter
400 g wit vis, vel en been verwyder (enige gunsteling)
sout
125 ml room
2,5 ml bakpoeier
ruim knippie speserygeursel vir vis of hoenderekstrakpoeier
ruim knippie witpeper
15 ml gekapte pietersielie
15 ml gesnipperde grasui
125 ml gerasperde Edam- of Cheddarkaas

Bo-laag
125 ml (½ k) addisionele gerasperde Edam- of Cheddarkaas
gemaalde swartpeper

Garnering (opsioneel)
sprietui of gesnipperde grasui
slaaigarnering soos babatamaties en komkommerskyfies

Bedek die aartappels met water en kook 20-25 minute lank, totdat dit net sag genoeg is
om ‘n metaalpennetjie met gemak daarin te kan steek. Voorverhit die oond tot 200ºC.

Bestrooi die vis liggies met sout, sny in stukke op en plaas in ‘n bakskottel geskik vir gebruik in die mikrogolfoond. Bedek en mikrogolf op Hoog vir 6 - 8 minute of totdat die vis gaar is.

Halveer die aartappels en skep genoeg van die gaar aartappel uit om ongeveer 1 cm in die skil te laat oorbly. Bestryk die skil binne en buite met gesmelte botter en plaas op ‘n bakplaat. Druk die uitgeskepte aartappel fyn saam met die room, bakpoeier, geurmiddels, pietersielie, grasui en kaas.

Voeg die vis by die mengsel en meng liggies, sonder om dit te fyn te maak. Verdeel die mengsel tussen die uitgeholde helftes en rond dit koepelvormig af. Strooi ‘n bietjie ekstra kaas en swartpeper oor en bak 20 minute lank of totdat die vulsel pofferig en liggies verbruin is bo-op. Bedien warm met garnering soos verkies.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment