Besonders lekker as bykos maar net so geskik as hoofgereg vir vegetariërs.
Voorbereidingstyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 30 min
Lewer: 6 – 8 porsies
3 groot aartappels
sout
olie vir braai
1 groot of 2 kleiner eiervrugte, geskil en 1 cm dik skywe gesny
2 groot of 3 – 4 kleiner babamurgpampoentjies, 1 cm dik in die lengte gesny
1 groot of 2 kleiner uie, geskil en in ringe gesny
2 groot of 3 kleiner tamaties, geskil en 1 cm dik skywe gesny
sout en gemaalde swart peper
knoffel en kruie geursel
Ryk kaassous:
60 ml botter
125 ml koekmeelblom
500 ml melk
250 ml gerasperde Cheddar- of Edamkaas
2.5 ml sout
2 grasuie gesnipper
groente- of enige gunsteling geurselsout om oor te strooi
Bedek die aartappels met water en kook in die skil tot net sag. Koel af, skil en sny in 1 cm dik skywe.
Verhit 125 ml (½ k) water, ‘n knippie sout en ‘n paar druppels olie in ‘n pan en voeg die eiervrug by. Kook totdat die eiervrug sag is en die water weggekook het.
Verhit ‘n paar druppels olie by dieselfde pan en verhit tot goed warm. Braai die murgpampoentjieskywe vinnig tot aan albei kante verbruin. Geur met knoffel- en kruiegeursel en sit eenkant.
Voeg nog ‘n paar druppels olie by die pan en braai die uieringe terwyl geroer word tot sag en goudkleurig. Geur liggies met sout en swartpeper en sit eenkant.
Voeg nog ‘n paar druppels olie by die pan en braai die tamaties in warm olie tot net verbruin. Geur met sout, swart peper en knoffel- en kruiegeursel.
Smelt die botter en meel saam en roer die melk by. Bring tot kookpunt terwyl geroer word totdat ‘n gladde dik sous verkry word. Roer die kaas, sout en grasui by.
Giet ⅓ van die kaassous in ‘n 2 liter oondvaste bak en bedek met die helfte van die aartappel, dan eiervrug, murgpampoentjie, uieringe, tamatieskywe, dan die res van die aartappel en oorblywende kaassous. Bestrooi met geurselsout en bak by 180ºC vir 30 minute of tot borrelend warm en liggies verbruin bo-op.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.
Lees meer oor Art of Cooking
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
11/27/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment