Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/06/2013

Sjokolade en neut sponskoek

Die vinnigste manier om n gewone vanilla sponskoek in iets hemels te verander is met twee Tasti MeGa NUTS stafies. Proe is glo!

300 mℓ koekmeel
250 mℓ suiker
15 mℓ bakpoeier
knippie sout
125 mℓ olie
125 mℓ water
5 mℓ vanillageursel
4 eiers, geskei
2 x 40g Tast MeGa NUTS stafies (of enige ander soortgelyke stafies), grof gekap

Versiering
100 g donker, melk of wit sjokolade, of 'n kombinasie daarvan
10 mℓ botter of room

Verhit die oond tot 180°C. Gebruik 'n ongesmeerde ringpan met 'n los bodem, of smeer 'n ringpan wat 'n pypplooi in die middel het.

Gooi die meel, bakpoeier en sout in 'n mengbak en klop die olie, water en vanillageursel by tot dit goed gemeng is.

Meng die eiergeel met die gekapte stafies.
Roer dit dan by die meelmengsel.

Klop die eierwitte styf en vou dit dan in die mengsel.

Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir 40 minute tot ferm en gaar.

Laat die pan met die los bodem onderstebo staan op 'n draadrak om af te koel. Die ander soort panne moet regop staan. Dit moet vir 10 – 15 minute afkoel.

Verwyder nou die koek uit die pan.

Plaas die bestanddele vir die versiering in 'n gepaste houer en verhit op medium in 'n mikrogolfoond vir 2 – 3 minute – dit moet smelt.
Roer die mengsel en gooi oor die koek.
Laat die koek effens afkoel voor jy dit bedien.



Jy kan ook die versiering uitlos en versiersuiker oor die koek sif.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment