Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/26/2014

Gemengde garnaalslaai met sjerrie

As jou begroting dit toelaat kan jy dit 'n kreefslaai maak deur kreefsterte te gebruik. Steurgarnale word vir die resep gebruik.

Begin deur 'n paar aartappels en artisjokharte te kook tot sag.
Skil die aartappels wanneer dit afgekoel het.
Sny nou die aartappels en artisjokke in blokkies. Meng dit met mayonnaise en 'n skeut sjerrie.
Stapel die mengsel nou op in die middel van 'n slaaibord.
Omring dit met ontpitte swart olywe en hardgekookte eiers wat jy in kwarte gesny het. Sprinkel olyfolie oor die olywe en eiers, asook 'n paar druppels sjerrie.
Lê nou afgeskilde steurgarnale of kreefsterte skuins teen die stapel en bedien.


(foto Lee Brimelow)

No comments :

Post a Comment