Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/24/2014

Vinaigrette-slaai

Hierdie slaai kan net so bedien word, of jy kan enige oorskiet vleis, hoender of vis daarby voeg. Gebruik 250 mℓ vir die hoeveelheid hier aangegee.

3 bete, gaar en in blokkies gesny
5 aartappels, gaar en in blokkies gesny
3 stele seldery, in skyfies gesny
1 appel, geskil, ontpit en in blokkies gesny
1 ingelegde dillekomkommer, in blokkies gesny
sout
peper
250 mℓ gaar ertjies
140 mℓ Franse slaaisous
400 mℓ mayonnaise

Meng alles saam, behalwe die mayonnaise.
Bedek en hou ten minste 3 uur, of oornag, in die yskas.

Skep die slaai in 'n slaaibak en bedek dit met die mayonnaise.
Garneer met enige vars kruie.

No comments :

Post a Comment