Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/14/2014

Lam met kruisement en jogurt

Die lamsblad spandeer ’n tydjie in die oond, maar die voorbereiding is binne ’n japtrap klaar.

2 kg lamsblad
sout en peper
30 mℓ olyfolie
3 uie, in skywe gesny
4 wortels, in kwarte gesny in die lengte
8 knoffelhuisies
1 lourierblaar
250 mℓ witwyn
250 mℓ groenteaftreksel

Vir die sous het jy nodig:
45 mℓ Griekse jogurt
die blare van 2 takkies kruisement
sout en peper

Die oond moet verhit word tot 120°C.

Vryf die lamsblad goed in met sout en peper.

Verhit die olyfolie in ’n groot kasserolbak oor hoë hitte. Die bak moet ’n deksel hê.
Verbruin die blad in die bak aan beide kante. Braai die lam vir ten minste 15 minute.



Stel die hitte laer en voeg die groente, knoffel en lourierblaar by. Pak dit om die lamsblad.
Gooi die wyn en aftreksel by. Bring dit tot kookpunt voor jy dit in die oond plaas.
Dit moet 7 uur lank, met die deksel op, in die oond bly. Draai die vleis om halfpad deur die kookproses.

Haal die lam en die groente nou uit die bak en rangskik dit op ’n bord waarop jy dit wil bedien. Dit moet ’n bord wees wat in die oond kan gaan, want jy moet dit agterna met foelie bedek en in die oond hou tto die sous klaar is.

Skep enige vet af wat in die sous in die kasserolbak oorgebly het en verhit die sous dit oor medium hitte.

Wanneer die sous met ’n ¼ verminder het voeg jy die kruisement en jogurt by en geur met sout en peper na smaak. Roer goed.

Gooi die sous in ’n souspotjie en saam met die lamsblad, enige groen groente en fynaartappels.

(foto Tim Dickinson)

No comments :

Post a Comment