Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/26/2014

Eier-en-prei-slaai

4 groot preie (leeks)
sout
’n skeut Franse slaaisous
3 hardgekookte eiers, die wit in repe gesny en die geel deur ’n sif gevryf
240 mℓ mayonnaise
paprika

Kook die preie in soutwater tot sag – ongeveer 10 minute.

Dreineer die preie, spoel af in koue water en sny in die lengte deur. Gooi Franse slaaisous oor die preie.
Strooi die eierwitte oor. Verdun die mayonnaise met 15 mℓ kookwater en gooi die oor die slaai – net tot die preie bedek is.
Strooi die eiergele oor.
Strooi paprika oor.
Verkoel die slaai effens in ’n yskas voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment