Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/20/2014

Kalfsvleis met tuna / Veal with Tuna

Soos met meeste geregte met kalfsvleis kan dit warm of koud bedien word. Dit is veral gewild as ’n voorgereg saam met Franse brood.

600 g kalfsvleis – gebruik tou om die vleis vas te bind, anders kan dit uitmekaar kook.
750 droë witwyn
15 mℓ asyn
1 lourierblaar
2 naeltjies
1 stok seldery, fyngekap
½ ui, fyngekap
sout
2 blikkies tuna in olie
2 hardgekookte eiers
8 filette ansjovis
80 mℓ olyfolie
’n eetlepel ingelegde kappertjiesaad

Plaas die kalfsvleis saam met die wyn, asyn, lourierblaar, naeltjies, seldery en ui in ’n swaarboompot. Marineer dit vir ten minste 24 uur.

Verwyder die vleis uit die pot en gooi die marinade deur ’n sif.
Plaas die vleis weer terug in die marinade in die pot. Maak seker die marinade bedek die vleis. Gooi nog wyn by indien nodig.
Geur met sout en bring tot kookpunt.
Kook sonder ’n deksel vir 45 minute oor lae hitte.
Teen die tyd wat die vleis gaar is behoort die marinade aansienlik te verminder het.

Vlok die blikkies tuna en druk dit fyn tot ’n pasta saam met die eiers en ansjovis.
Smeer die pasta op ’n sif en gooi die warm vloeistof waarin die vleis gekook het daaroor.
Roer nou die olyfolie en kappertjiesaad geleidelik by die sous.

Wanneer die vleis afgekoel het verwyder jy die tou en sny dit in skywe van ongeveer ’n ½ cm dik.
Pak die skywe vleis op ’n groot bord uit en gooi die sous daaroor.

No comments :

Post a Comment