Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/28/2014

Spek en eiers

Uit: Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

Hierdie ou staatmaker word gewoonlik in ’n skottelbraaier gaargemaak.

Voorbereideingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Genoeg vir 6 mense

2 uie, gekap
olyfolie of margarien om in te braai
1 blikkie sampioene, gedreineer
6 worsies
1 pak (250 g) spekvleisrepe
1–2 eiers per persoon
sout en peper na smaak
groen Tabascosous

Braai die uie in olyfolie of margarien tot sag, voeg die sampioene by en verhit tot deurwarm. Skep uit en hou eenkant in ‘n pot op die rand van die vuur, sodat dit warm bly. Braai die worsies in die pan. Sodra half gaar, ook die spek. Sommige mense hou daarvan lekker bros, ander as dit nog sag is. Hoor maar by jou gaste. Skep die spek en worsies ook uit die pan en bak die eiers in die olie wat oorgebly het. Geur met sout en peper na smaak. Sprinkel die Tabasco daaroor – dis smaaklik, selfs vir diegene wat nie van ’n brand-smaak hou nie. Sit saam met rooster-brood voor (sien Wenk).

WENK: Rooster brood gewoonweg op jou rooster oor die kole of onder in ’n platboomysterpot.

WENK: As jy grênd wil wees en die eiers in die ringetjies wil oopbreek, spuit eers die binnekant van die ringetjies met kleefwerende kossproei – dan sal die eiers nie aan die rand vassit nie. Wag ook eers tot die eiers behoorlik gestol het voor-dat jy die ringetjie oplig.

No comments :

Post a Comment