Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/11/2014

Uitsmijter

Hierdie Hollandse spesialiteit is ’n gawe plaasvervanger vir spek en eiers.

Uit: Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

Voorbereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Genoeg vir 6 mense.

botter
6 eiers
6 skywe kaas
6 snye roosterbrood,
gebotter
6 skywe ham
mosterd
tamatieskywe
gedroogde pietersielie

Smelt die botter in ’n pan en bak die eiers daarin. Sit ’n skyf kaas op die geel van elke eier.
Sodra die eiers gaar is na smaak, skep dit op ’n sny gebotterde brood. Sit ’n skyf ham bo-op en smeer dit met mosterd.
Garneer dit met tamatieskywe en pietersielie.

No comments :

Post a Comment