Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/29/2014

Vleis glaseersel / Glaze de viande

Hierdie tipe glaseersels is gekonsentreerde aftreksel wat gebruik word in souse of om die smaak van geregte te verbeter. Jy kan dit in die vrieskas hou. Voeg net water by om weer ’n aftreksel te maak daarvan.

Glaseersels is maklik om te maak – jy kook net aftreksel af tot dit dik en stroperig is.

Verhit bruinsous in ’n swaarboompot tot dit kook en stel dan die hitte laer tot op medium. Kook tot die sous met ¾ verminder het en dik en stroperig is. Skep enige opdrifsels af.

Laat dit afkoel voor jy dit vries.


No comments :

Post a Comment