Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2014

'n Inleiding tot fillodeeg

Betree die opwindende wêreld van fillodeeg en ontdek hoe veelsydig hierdie deeg kan wees.

Laat in die 15de eeu hoor ons die eerste keer van fillodeeg, toe 40 lae daarvan gebruik is vir Baklava, gevul met gekapte neute en geweek in ’n geurige soet stroop. Dit het die 40 dae van (die godsdienste) Lent gevier.

As jy nog nie met dié deeg gewerk het nie, mis jy uit op ’n wonderlike kulinêre ervaring. Een van die mees aangename ervarings is om jou soet of sout skeppings in hierdie veerligte deeg te deel.

Fillodeeg is dun, lig en delikaat, maar ten spyte daarvan is dit maklik om mee te werk en uitstekende resultate mee te behaal – gegewe natuurlik dat jy die reëls ken. Heelwat klassieke en tradisionele resepte word met fillo voorberei, soms in ’n nuwerwetse styl. Nuwe skeppings is aan die orde van die dag en ou gunstelinge word aangepas deur swaar ryk deeg te vervang met ligte, gesonde fillodeeg. Anders as met ander deeg kan jy warm vulsels in rou fillodeeg skep, sonder dat die deeg se tekstuur bederf word.

Wenke vir die gebruik van fillo:

• Die delikate velle fillodeeg moet nie uitdroog nie, anders verbrokkel dit en raak nutteloos. Sodra jy die verpakking oopmaak, rol die velle af en verwyder net die aantal velle wat nodig is vir die resep. Hou hierdie velle tussen twee afdroogdoeke. Rol die res van die velle op en verseël dit weer in die plastiek waarin dit gekom het en hou dit in die yskas.

• Onthou om die deeg te gebruik voor die vervaldatum en dit in die yskas te hou. Dit kan ook gevries word – vir tot 6 maande. Om gevriesde fillodeeg te ontdooi, haal uit die vrieskas en laat dit oornag by kamertemperatuur. Deeg wat nie deeglik ontdooi het nie sal kraak as jy dit afrol en nutteloos wees.

• Fillodeeg word met botter of olie, of ’n kombinasie van die twee, gesmeer daarvoor gebak word. Vir die beste tekstuur en geur gebruik mens botter. Onthou net dat indien jy botter gebruik die deeg vinniger verbruin.

• ’n Resep vir ’n kors en vulsel kan aangepas word vir verskillende vorms en groottes. Byvoorbeeld, Griekse vlatert kan een groot tert wees, of individuele vlarolle. ’n Resep vir klein rolletjies kan verander word na klein driehoekies. Eksperimenteer, dink skeppend en ontdek so nuwe fillo lekkernye.

• Wanneer jy fillodeeg sny vou jy dit in vierkante of repe. Druk op die voulyne, ontvou en sny dan op die voulyne met ’n skerp mes met ’n gladde lem. Moet nooit dwarsoor ’n vou sny nie, dit maak die kante onnet. Stukkies deeg wat oorbly kan uitgedroog word, verkrummel word en dan gebruik word in ander pasteie of as garnering.

• Wanneer jy groot terte maak, soos Baklava, sny deur die eerste paar lae voor jy dit bak. Sny dan deur die res wanneer dit gaar is. Dit maak vir netjieser snye. As jy dit nie vooraf wil of kan sny nie, bedek dit agterna met ’n doek vir 10 minute. Die stoom sal die deeg versag en makliker maak om te sny.

• Indien die vulsel koud en relatief droog en ferm is, kan jy klein gebak of tertkorse vooraf berei en in die yskas hou vir tot ’n dag. Dit werk nie vir sagte of warm vulsels nie.

• Fillodeeg kan nie in ’n mikrogolfoond voorberei word nie!

• Werk versigtig met die deeg. Rol dit liggies op en afsonder om daarop te druk. Deeg wat te styf opgerol word kraak en skeur tydens die bakproses. Lug wat tussen die lae vasgevang is, is ’n goeie ding en laat die deeg mooi uitsit en die gebak is veerlig.

• Die regte temperatuur vir bak is baie belangrik. Onthou om jou oond aan te pas indien dit te warm of te koud bak. Indien die temperatuur te hoog is, kan die deeg kraak of oopbars of dalk te gou verbruin. Te lae temperatuur sal veroorsaak dat die deeg te veel uitdroog en nie baie lig is nie.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment