Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/22/2015

Gebakte blomkool met kaas

Kook eers ’n blomkool of twee vooraf volgens hierdie aanwysings.

Jy het ’n oondbak nodig wat jy met botter gaan smeer.
Pak ’n laag blomkool in die bak en strooi dan gerasperde kaas oor.
Volg dit op met ’n laag broodkrummels en geur dan met sout en peper.
Nou gooi jy ’n baie dun laag witsous oor.
Begin nou weer met nog ’n laag blomkool, ’n laag gerasperde kaas en ’n dun laag witsous.
Stip die inhoud met botter en bak in ’n 180°C-oond tot alles warm is en die kaas gesmelt is.



(foto John Keogh)

No comments :

Post a Comment