Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/25/2015

Lamsvleis-navarin

900 g tjops van lam- of skaapmiddelnek
2 wortels, in kort dik repe gesny
1 stukkie raap, in kort dik repe gesny
2 uie, in kwarte gesny
30 mℓ botter
Knippie suiker
60 mℓ meel
420 mℓ aftreksel
Sout en peper
1 bouquet garni

Verhit die botter in ’’n vlak kasserol en verbruin die vleis daarin aan alle kante.
Hou die vleis eenkant en braai die groente daarin op ’n laer hitte tot dit verkleur.
Voeg die knippie suiker by die groente.
Roer die meel by en 1 minuut later die aftreksel. Bring dit tot kookpunt en plaas dan die vleis terug in die kasserol. Die vloeistof moet net gelyk wees met die oppervlak van die vleis. Geur met sout en peper en sit die bouquet garni by. Maak dit dig toe en 1 uur lank of tot die vleis sag is. Draai die tjops af en toe om.

Bedien die lamsvleis-navarin saam met geroomde aartappels.

No comments :

Post a Comment