Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/14/2015

Vinkel met tamatie en kaas

Vinke knolle is heerlik saam met tamatie en kaas.
Verwyder die vinkel se groen blare en die knol se buitenste laag. As die vinkel baie groot is, moet jy dit middeldeur sny en die houtagtige stam verwyder.
Gooi kookwater oor die knolle en dreineer – om dit te blansjeer.
Plaas die knolle nou in kokende soutwater en kook vir 15 minute. Dreineer daarna.
Pak die knolle in ’n gesmeerde oondbak en bedek met tamatiesous.
Strooi gerasperde parmesaan oor – moet nie spaarsamig wees met die kaas nie.
Bak by 180°C vir 15 minute.


(foto Nick Saltmarsh)

No comments :

Post a Comment